Biden het net lof vir Harris
Amerika se president Joe Biden sê hy twyfel nie dat visepresident Kamala Harris haar steeds sal beywer vir kwessies wat tydens haar veldtog belangrik was nie. Hy het sy veldtog vir ʼn tweede termyn in Julie beëindig en Harris ondersteun, wat egter teen gekose president Donald Trump verloor het. Biden sê sy het onder buitengewone […]
Bokke berei voor vir ‘n taai stryd Sondag
Die Springbok-senter, Andre Esterhuizen, sê hulle maak gereed vir ʼn taai wedstryd wanneer hulle Sondag op Murrayfield in Edinburgh teen Skotland uitdraf. Die Bokke is weens diepte en beserings steeds onseker oor verskeie belangrike posisies in die span. Afrigter Rassie Erasmus sal Vrydag sy groep vir die wedstryddag aankondig. Esterhuizen sê hulle effense rustyd-voorsprong van […]
Onderwysbeampte wat met buffelvleis gevang is, was in owerhede se visier
Die onderwysbeampte wat verlede week gevang is met twee jaggewere en buffelvleis in ‘n regeringsvoertuig sal weer op 28 Januarie in die hof verskyn. Die 46-jarige Elvis Liwakala is borg van 20 000 Namibiese dollar toegestaan. Plaaslike media berig dat Morgan Saisai, die beheerbewaarder van Wildlewe Beskermingsdienste in die Zambezi-streek sê hulle is ‘n lang […]
Bank Windhoek staan landbou by
Landbou speel ‘n beduidende rol in Namibië se ekonomie en daarom spreek Bank Windhoek se Agri-reeks die kritieke impak van droogte op die landbousektor aan. Die vyfde Agri-reeks, wat vir 13 November in Windhoek geskeduleer is, sal eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila insluit en fokus op die tema “Kweek verandering: strategieë vir ’n veerkragtige landboutoekoms”. Kosmos […]
110 Gauteng-leerders beland in die hospitaal
Die Gautengse Onderwysdepartement het bevestig dat 110 leerders van die Tamaho Primary in Katlehong gister in die hospitaal beland het weens ʼn siekte wat deur kos oorgedra is. Die leerders het maagkrampe gekry en naar geword nadat hulle tydens pouse stampmielies by die skool geëet het. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê 98 van […]
LIV en PGA dalk maats met Trump wat wen
Rory McIllroy glo ‘n oplossing is moontlik in die onenigheid tussen die PGA-toer en LIV-Gholf na Donald Trump se oortuigende oorwinning in die Amerikaanse verkiesing. Volgens nuusberigte het die Openbare Beleggingsfonds, Saoedi-Arabië se koninklike fonds en borge van LIV ‘n ooreenkoms met die PGA bereik om meer as ‘n miljard-dollar in die nuutgestigte PGA-toeronderneming te […]
Meer as 146 000 belastingontduikers kan nog amnestie kry
Die belastingamnestie wat op 1 April verlede jaar ingestel is, is verleng tot einde Oktober 2026 maar, het reeds groot sukses getoon. Volgens NamRA het belastingontduikers die agentskap 79,3 miljard Namibiese dollar geskuld teen einde Maart vanjaar waarvan 49,3 miljard dollar boetes beslaan, 13,1 miljard dollar in rente en 16,8 miljard dollar in kapitaal. ‘n […]
Amper 900 000 entstowwe na Afrika vir M-pokke
’n Aanvanklike 899 000 dosisse entstof is toegeken vir nege lande regoor Afrika wat swaar getref is deur die huidige M-pokke-oplewing. Die WGO het die siekte vir die tweede keer in twee jaar in Augustus as ‘n wêreldwye noodgeval vir openbare gesondheid verklaar nadat ‘n nuwe variant van die virus, Clade Ib, vanaf die Demokratiese […]
Earthshot-wenners bekend
Die wenners van die Earthshot-prys-toekennings is in Kaapstad aangekondig. Die Earthshot-prys, wat in die lewe geroep is deur die Prins van Wallis, steun wêreldwyd volhoubare, eko-vriendelike projekte. Onder die wenners is die Green Africa Youth Organisation, wat gedragsverandering gebruik om gemeenskappe te help om rommel op te ruim, en Keep IT Cool, ‘n maatskappy in […]