Voer van Angola moet 30 dae in kwarantyn wees
Die landbouministerie het gereageer op berigte van ‘n Otjozondjupa-boer wat sê 17 skaap is in nege dae vrek omdat owerhede weier dat hy voer vanaf Angola invoer. Die betrokke boer sê voer vanuit Suid-Afrika is uiters duur en daarom die skuif na Angola. Dr. Johannes Shoopala, die waarnemende hoof-veeartsenybeampte sê daar Angola is ‘n bek-en-klouseer […]
Trump is nie goeie nuus vir Afrika nie
‘n Ekonoom van die Stellenbosch Bestuurskool, Andre Roux, sê die Amerikaanse verkose president, Donald Trump, se oorwinning kan ‘n negatiewe uitwerking op die ekonomie van Suid-Afrika en Afrika hê. Roux waarsku Trump se beleide, wat handel met ander lande beperk, insluitend tariewe op invoer, kan die handelsverhoudinge benadeel, veral ingevolge Agoa in Afrika. Hy het […]
Oktober-inflasie op 3%
Inflasiesyfers vir Oktober is bekend. In September het dit op 3,4 persent ingekom en dit het in Oktober gedaal na 3 persent, af van 6 persent in Oktober 2023. Mirjam Shihepo, skakelbeampte by die Namibiese Statistieke-agentskap het meer oor die sonale inflasie vir die maand.
Trump is nie goed vir SA-ekonomie nie
Na Donald Trump se verkiesing as Amerikaanse president het ontluikende ekonomieë se geldeenhede en aandelemarkte begin wankel. Oor die algemeen is daar kommer op die vasteland oor Trump se beleide wat skade kan berokken. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt, wat sê dit lyk nie goed vir die buurland nie.
Kuba se kragnetwerk stort weer ineen
Kuba se nasionale elektriese netwerk het Woensdag weer ineengestort toe orkaan Rafael in die eiland se suidwestelike kus getref het met volgehoue winde van 185km per uur en meer verwoesting gesaai het in die reeds krisisgeteisterde land. Waarskuwings teen lewensgevaarlike oorstromings en sterk winde is vir ‘n groot deel van Wes-Kuba uitgereik. Kubaanse owerhede sê […]
Man City moet Mendy betaal
‘n Britse regter het Manchester City beveel om sy gewese speler, Benjamin Mendy, die grootste deel van 256 miljoen Namibiese dollar te betaal wat teruggehou is nadat hy in 2021 van verkragting en seksuele aanranding aangekla is. Die 30-jarige verdediger het die saak na ‘n arbeidstribunaal geneem nadat hy onskuldig bevind is op al nege […]
Unam se sentrum op Katima is meer as net ‘n fasiliteit
Unam se Departement Natuurlewebestuur en Toerismestudies op sy Katima Mulilo-kampus se splinternuwe moderne fasiliteite is vandeesweek ingewy. Die uitgebreide kampus kan 120 meer studente akkommodeer. Die departement se doelwit is om vraaggerigte kwalifikasies in wildbestuur en verwante velde aan te bied. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met professor Morgan Hauptfleisch van die Namibiese Natuurstigting wat […]
SAOG sal eers oor tien dae oor Mosambiek vergader
Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap sal die krisis in Mosambiek eers oor sowat tien dae by ‘n vergadering in Harare aanspreek. Dit kom na gewelddadige betogings en inperkings in die hoofstad Maputo. ‘n Buitengewone SAOG-beraad sal van 16 tot 20 November gehou word. Boaan die agenda sal opkomende kwessies van streekbelang wees. Zimbabwe het in Augustus vanjaar […]
Biden het net lof vir Harris
Amerika se president Joe Biden sê hy twyfel nie dat visepresident Kamala Harris haar steeds sal beywer vir kwessies wat tydens haar veldtog belangrik was nie. Hy het sy veldtog vir ʼn tweede termyn in Julie beëindig en Harris ondersteun, wat egter teen gekose president Donald Trump verloor het. Biden sê sy het onder buitengewone […]
Bokke berei voor vir ‘n taai stryd Sondag
Die Springbok-senter, Andre Esterhuizen, sê hulle maak gereed vir ʼn taai wedstryd wanneer hulle Sondag op Murrayfield in Edinburgh teen Skotland uitdraf. Die Bokke is weens diepte en beserings steeds onseker oor verskeie belangrike posisies in die span. Afrigter Rassie Erasmus sal Vrydag sy groep vir die wedstryddag aankondig. Esterhuizen sê hulle effense rustyd-voorsprong van […]