
Joe Marler tree af - November 4, 2024
Die Engelse stut Joe Marler het uitgetree uit internasionale rugby. Dit is die tweede keer dat hy aftree nadat hy sy 2018-besluit om van toetsrugby weg te stap, omgekeer het. Die 34-jarige, wat sy debuut vir Engeland in 2012 gemaak het, het in 95 wedstryde uitgedraf. Hy het in die 2015, 2019 en 2023 Wêreldbekertoernooie […]
/Khomanin oorhandig vandag petisie - November 4, 2024
Die /Khomanin-gemeenskap sal vandag hul “Finale Petisie” inlewer in ‘n vreedsame betoging wat om nege-uur by die Daan Viljoen-kontrolepunt begin en via Onafhanklikheidsrylaan na die Parlementstuine sal beweeg. Hulle het nie toestemming gekry om diere by die geleentheid in te sluit nie, maar deelnemers sal ’n heilige vuur-seremonie hou voordat hulle na die beginpunt terugkeer. […]
Zuma gee MK-mag in KZN aan Mchunu - November 4, 2024
Die president van die MK-party, Jacob Zuma, sê die provinsiale leier van KwaZulu-Natal, Willies Mchunu, is toevertrou met die alleenmandaat om namens die party besluite te neem in die provinsie, in konsultasie met die provinsiale werkspan. Die party se oorspronklike provinsiale tussentydse komitee is ontbind en vervang met die nuutaangestelde sameroeper. Zuma sê die party […]
Kemi nuwe konserwatiewe leier - November 4, 2024
Kemi Badenoch is die eerste swart vrou om ‘n groot Britse politieke party te lei nadat sy die Konserwatiewe leierskap met 57-persent van die stemme gewen het. Die 44-jarige Badenoch vervang die voormalige premier Rishi Sunak en het onderneem om die party te hernu ná sy skoknederlaag tydens die Britse verkiesing in Julie. Badenoch sal […]
Verstappen vat Sao Paolo - November 4, 2024
Max Verstappen van Red Bull het ʼn verstommende terugkeer uit die 17de wegspringplek gemaak om die Sao Paulo Grand Prix te wen. Esteban Ocon en Pierre Gasly was onderskeidelik tweede en derde om twee podiumplekke vir Alpine te verseker. Verstappen se wêreldkampioenskap-teenstander van McLaren, Lando Norris wat in die eerste plek weggespring het, het sesde […]
Die eerste reën is hier - November 4, 2024
Reën het in sommige gebiede van Namibië uitgesak, wat die begin van die verwagte seisoenale buie aandui. Hierdie maand kan veral die noordelike en sentrale streke na verwagting bo-normale reënval ervaar, terwyl die suidelike streke waarskynlik ondergemiddelde neerslae sal sien. Vir die komende week word voorspel dat temperature in Windhoek en ander sentrale gebiede tussen […]
Swapo sê oor Botswana-verkiesing - November 4, 2024
Swapo het ‘n verklaring vrygestel wat die verkiesing in Botswana aanspreek en vertroue uitspreek dat Namibië se politieke landskap baie anders is. Sommige mense dink dalk dat Namibië ‘n soortgelyke koalisiegedrewe opposisie as in Botswana kan sien, maar Swapo meen dit is onwaarskynlik. Namibië, anders as Botswana, het die eerste vroulike presidentskandidaat wat vir Swapo […]
Nog ‘n fetus gevind deur individu wat kos in asdrom soek - November 4, 2024
Die Namibiese polisie het ‘n ondersoek gelas na ‘n fetus van tussen twee tot drie maande op die hoek van Hofsanger- en Voēlstrate in Khomasdal in die hoofstad gevind is. Die baba was in ‘n asdrom in ‘n plastieksak gevind. Oudergewoonte is die oorskot gevind deur ‘n lid van die publiek wat kos in die […]
Rehoboth het meeste wanvoeding in Hardap-streek - November 4, 2024
Uitdagings met wanvoeding duur voort met die jongste syfers van die Hardap-streek. Volgens plaaslike berigte is vier kinders dood en 188 is in die hospitaal weens wanvoeding waaronder 109 op Rehoboth, 62 in Mariental en 17 in Aranos. Die syfers dek Januarie tot Augustus vanjaar. Die syfers kom te midde van reuse-uitdagings op Mariental met […]
Nabta vra steeds vir subsidies met huidige brandstofprys - November 4, 2024
Die brandstofprys bly onveranderd in November, meestal te danke aan ‘n redelik bestendige olieprys in die voorafgaande maand. Die energieministerie het gesê die 6 sent onderverhaling vir petrol en 18 sent vir diesel sal deur die fonds geabsorbeer word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Pendapala Nakathingo, sekretaris-generaal van die Namibië Bus- en Taxivereniging, Nabta, […]