Mboweni ter ruste gelê - October 20, 2024

President Cyril Ramaphosa sê die voormalige minister van Finansies Tito Mboweni was ‘n kampvegter vir ekonomiese transformasie in Suid-Afrika, net soos hy aangedring het op fiskale dissipline en bewys-gebaseerde beleidmaking. Mboweni is amptelik ter ruste gelê. Ramaphosa sê hy het finansminister geword toe die land die era van staatskaping moes beveg en terselfdertyd ‘n verwoestende […]

Read More

Bibi nie afgeskrik na aanval op sy huis nie - October 20, 2024

Israeliese premier Benjamin Netanyahu sê hy is nie afgeskrik van sy oorlogsdoelwitte ná ‘n hommeltuig-aanval op sy privaat woning nie. Hy waarsku dat enigiemand wat probeer om Israel se burgers leed aan te doen, ‘n duur prys sal betaal. Die aanval, by sy huis in die noordelike kusdorpie Caesarea het niemand beseer nie. Netanyahu en […]

Read More

Backyard Ultra: Drie uit 15 oor in 17de loep - October 20, 2024

Daar is drie ultra-atlete oor in die Backyard Ultra World Team-kampioenskappe wat by Gecko Ridge Lodge net buite Swakopmund op die oomblik plaasvind. Die 17de loep van net meer as 6,7 kilometer het pas klaargemaak. Die atlete het Saterdagmiddag twee-uur begin en het ‘n uur om die loep te voltooi. ‘n Oorspronklike 15-lid Namibiese span […]

Read More

Stel verkiesing uit, eis NEFF oor Ren-Form - October 19, 2024

Die Namibia Economic Freedom Fighters wil hê die regering moet die komende verkiesings uitstel. Dit is weens die Verkiesingskommissie se toekenning van die stembrief-tender aan die omstrede Suid-Afrikaans-gebaseerde maatskappy. NEFF adjunkpresident Kalimbo Iipumbu eis in ‘n verklaring dat die verkiesing uitgestel word totdat Namibiërs gewaarborg is van ‘n geloofwaardige, deursigtige en vrye verkiesing. Iipumbu vra […]

Read More

Optimisme heers oor RNE se eerste 100 dae: Everest Wealth - October 19, 2024

Everest Wealth berig die regering van nasionale eenheid word optimisties beskou na sy eerste 100 dae. Uitvoerende hoof, Thys van Zyl, sê die ekonomiese sentiment het verbeter en word aangedryf deur hervormings. Dit sluit belangrike aankondigings van verskeie ministers in, insluitend openbare werke-minister, Dean Macpherson, oor belegging in infrastruktuur, en binnelandse sake-minister, Leon Schreiber, oor […]

Read More

Harris trek Trump se stamina in twyfel - October 19, 2024

Kamala Harris het by ‘n saamtrek in Grand Rapids, Michigan, Donald Trump se stamina vir ‘n tweede presidentskap bevraagteken. Dit volg op berigte dat die 78-jarige Trump media-onderhoude gekanselleer het. Sy het gesê as hy nie die strawwe verkiesingveldtog kan hanteer nie, is hy nie geskik om die werk te doen nie. Harris en haar […]

Read More

Backyard Ultra wêreld spankampioenskap by Gecko Ridge - October 19, 2024

Namibië neem vir die eerste keer deel aan die Backyard Ultra World Team-kampioenskappe, by Gecko Ridge Lodge net buite Swakopmund. Die atlete spring 2-uur weg en moet elke uur ‘n 6,7 kilometer-loep voltooi tot net een oorbly. ‘n 15-lid Namibiese span ding in reële tyd met spanne in 62 ander lande mee. Die top-50 spanne […]

Read More

Bly waaksaam oor M-pokke: oud-gesondheidminister - October 19, 2024

Zimbabwe het die week sy eerste twee gevalle van M-pokke bevestig, albei in Harare. Die een is ‘n seun wat siek geword het na ‘n besoek aan Suid-Afrika, en die ander ‘n man wat na Tanzanië gereis het. Baie Namibiërs reis na buurstate en Kosmos 94.1 Nuus het gesels met oud-gesondheidminister dr. Bernard Haufiku, wat […]

Read More

Trump noem regter ‘boos’ na vrystelling van dokumente - October 19, 2024

Donald Trump het ‘n regter boos genoem nadat sy meer as 1 800 bladsye se getuienis vrygestel het in die spesiale regsraadgewer Jack Smith se verkiesingsamesweringsaak teen hom. Trump sê die Distrikshofregter Tanya Chutkan se verwerping van sy aansoek om die vrystelling van nuwe bewyse te vertraag tot na die verkiesing kom neer op inmenging. […]

Read More

Meer inligting oor Liam Payne se dood vrygestel - October 19, 2024

Aanklaers en polisie het meer inligting bekendgemaak oor die omstandighede rondom die dood van die voormalige ster van One Direction, Liam Payne. Hy is Woensdag dood nadat hy van ʼn balkon van ʼn hotelkamer in Buenos Aires, Argentinië, geval het. ʼn Nadoodse ondersoek het bepaal hy is weens verskeie traumabeserings en bloeding dood. ʼn Plaaslike […]

Read More