Gatland sal besin oor sy toekoms na 11de verloor - November 18, 2024

Wallis se afrigter, Warren Gatland, sê hy sal nou oor sy toekoms besin nadat sy span die elfde agtereenvolgende toetswedstryd verloor het. Australië het Wallis in Cardiff met 52-20 afgeransel. Gatland het ná die wedstryd met die Walliese Rugby-unie leiers vergader. Wallis takel Saterdag die wêreldkampioene, Suid-Afrika. Gatland sê dis uitdagendste tyd wat hy as […]

Read More

GBV-gevalle neem toe, werkloosheid kry skuld - November 18, 2024

Vanaf 2020 tot en met Julie 2022 het Namibië 10 478 gevalle van geslagsgeweld, wat gerapporteer is, aangemeld. Dit kom neer op 11 gevalle daagliks. Intussen het die gevalle skerp gestyg in 2023 na 8 076, of 22 daagliks, ‘n verdubbeling. Daar word beaam dat die hoë werkloosheidsyfer, veral onder Namibiese mans, wat grotendeels verantwoordelik […]

Read More

Eskom belowe somer sonder beurtkrag - November 18, 2024

Eskom sê met ‘n beskikbare opwekkingsvermoë van 29 157-megawatt en piektydaanvraag wat volgens voorspellings 25 954-megawatt sal wees, bly hy op koers om te voldoen aan die vraag na elektrisiteit. Daphne Mokwena van Eskom sê teen Maandagaand sal ‘n bykomende 2 540-megawatt ook beskikbaar wees. Sy sê Eskom se vroeëre vooruitskatting het ‘n waarskynlike scenario […]

Read More

Biden kuier in die Amasone - November 18, 2024

Joe Biden het die eerste sittende Amerikaanse president geword om die Amasone te besoek – die wêreld se grootste tropiese reënwoud. Hy het gister met plaaslike en inheemse leiers vergader wat werk om die kritieke ekostelsel te bewaar en te beskerm. Die Amasone-streek is ‘n bergplek vir massiewe hoeveelhede van die wêreld se koolstofdioksied, ‘n […]

Read More

Oues van dae speel weer vandag krieket - November 18, 2024

Die Oor-50’s Afrika-beker kriekettoernooi duur vandag voort na dit Sondag in die hoofstad afgeskop het. Om tien-uur vanoggend kom Zimbabwe op Wanderers teen Suid-Afrika te staan terwyl Namibië op United teen Suid-Afrika A te staan kom, ook om tien. Die Namibiese veterane het Sondag met 135 lopies teen Suid-Afrika verloor terwyl Zimbabwe met 101 lopies […]

Read More

Bekende Wucher het voorstelle vir die verkiesing  - November 18, 2024

Dr. Martin Wucher, die voorsitter van die Namibia Health Defence League, het ‘n video opgeneem wat op sy YouTube-kanaal gepubliseer is, wat daarop gemik is vir die publiek om die komende presidensiële en parlementêre verkiesings beter te verstaan. Hy dek wat polities oor die afgelope 34 jaar gebeur het en wie die publiek kan vertrou. […]

Read More

Twee vas vir whisky-smokkel  - November 18, 2024

Die Namibiese polisie sê twee Namibiese mans tussen die ouderdomme van 35 en 45 sal vandag in die laerhof op Tsumeb verskyn na hulle in besit van onwettige whisky gevind is. Die twee is op die B1 tussen Omuthiya en Oshivelo voorgekeer. ‘n Totaal van 27 bokse Indica Royal whisky in bottels, ter waarde van […]

Read More

Rusland loods reuse-lugaanval  - November 18, 2024

Rusland het sy grootste lugaanval sedert September op Oekraïne uitgevoer. Minstens tien mense is dood en energie-infrastruktuur is beskadig in die hoofstad Kiëf, Donetsk, Lviv en Odesa. Altesaam 120 missiele en 90 hommeltuie is gebruik. Oekraïne se grootste privaat energiemaatskappy, DTEK, sê sy termiese kragaanlegte het aansienlike skade opgedoen wat nood-kragonderbrekings veroorsaak het. Oekraïne se […]

Read More

Rory ewenaar Seve se rekord - November 18, 2024

Die viermalige Major-wenner, Rory McIlroy het die einde van die seisoen se DP World-toer die derde keer gewen. Die Ier het met twee houe voor Denemarke se Rasmus Hojgaard op 15 onder geëindig ná ‘n drie-onder-baansyfer-69 in sy laaste ronde. Die oorwinning bevestig ook die 35-jarige vir die sesde keer in die derde agtereenvolgende seisoen […]

Read More

Nampa/New Era sage wek oor die algemeen groot kommer  - November 18, 2024

Nampa het oor die naweek in ‘n persverklaring ontken dat sy besluit om Nampa se hoof van kommersiële dienste, Confidence Musariri, se sekondering na New Era te herroep, deur politieke faktore beïnvloed is. Dit kom na die leier van die Affirmative Repositioning-beweging, Job Amupanda, op sosiale media die herroeping aan sy aksies toegeskryf het. Kommer […]

Read More