
Outapi-waterinfrastruktuur word opgegradeer - December 8, 2024
Landbou- en water-minister Calle Schlettwein het die aanvang van die Outapi-watersuiweringsaanleg se uitbreiding en opgraderingsprojek aangekondig. Schlettwein het tydens die sooispit-geleentheid in die Omusati-streek gepraat en die kritieke rol van watersekerheid in Namibië se sosio-ekonomiese ontwikkeling beklemtoon. Hy het die groeiende vraag na water in Outapi en omliggende gebiede uitgelig as gevolg van vinnige verstedeliking. […]
Owerhede sê New York-skieter verlaat stad - December 8, 2024
Die polisie in New York glo dat die man wat die hoof van UnitedHealth doodgeskiet het, die stad verlaat het. Brian Thompson, 50, is Woensdag in die rug geskiet in wat die polisie as ‘n geteikende aanval beskryf. Die polisie het verskeie foto’s vrygestel van die verdagte en het die publiek om hulp gevra om […]
Dodetal na gebou in Den Haag ineenstort styg na 5 - December 8, 2024
Minstens vyf mense is Saterdag dood in ‘n ontploffing in ‘n woonstelgebou in Den Haag, Nederland. Die owerhede sê die ontploffing het die drieverdiepinggebou deels laat ineenstort en ‘n brand veroorsaak. Vyf verskillende woonstelle is deur die ontploffing geraak. Die polisie vra ooggetuies wat dalk ‘n motor gesien het wat kort na die ontploffing van […]
Sewes: Blitsbokke dring deur na halfeindstryd - December 8, 2024
Die Blitsbokke het deurgedring na die beker-halfeindstryd van die Kaapstad Sewes met ‘n oortuigende 29-5-oorwinning oor Argentinië in hulle laaste groepswedstryd in die Kaapstad Stadion. Die naweek se verkorte formaat beteken die wedstryd was in werklikheid ‘n kwarteindstryd, met net die groepswenners wat deurdring na die beker-halfeindstryd. Die Blitsbokke kom vandag te staan teen Spanje, […]
NNN stel haar visier op geskorste Nikodemus - December 8, 2024
Die verkose president, die 72-jarige Netumbo Nandi-Ndaitwah het haar visier op die geskorste NBC-joernalis Anna Nikodemus geplaas en sê dit is skandelik dat ‘n Namibiese burger die vermetelheid het om te sê dat sy ineen gestort het op 26 Oktober by ‘n saamtrek in Otjiwarongo. Nikodemus het die gerugte tydens ‘n onderhoud met Newzroom Afrika […]
Vermeende rower op Walvis doodgeskiet - December 8, 2024
Die Erongo-polisie ondersoek ‘n saak van moord na ‘n vermeende rower doodgeskiet is deur sy slagoffer. Volgens die mag het drie mans gewapen met messe, die man in Mondesa se ope-mark voorgekeer en sy rugsak geëis. ‘n Onderonsie het onstaan en die man het sy 9mm pistool uitgehaal. Twee van die vermeende rowers het gevlug […]
Wits, Kovsies betaal R800m van Nsfas uit - December 8, 2024
Die Universiteit van die Witwatersrand en die Universiteit van die Vrystaat het meer as 800 miljoen Suid-Afrikaanse rand in ontoegekende fondse die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, terugbetaal aan die Spesiale Ondersoekeenheid. Wits het 450 miljoen rand betaal en die Vrystaat 438 miljoen rand, vanuit fondse wat tot 2016 terugdateer. Dit volg ná die eenheid […]
Siriese rebelle bereik hoofstad Damaskus - December 8, 2024
Siriese rebelle het die voorstede van die hoofstad Damaskus bereik met hulle blits-offensief wat dreig om Bashar al Assad se heerskappy van 24 jaar te beëindig. Sky News berig betogers het die standbeeld van die president se ontslape pa in ‘n voorstad omgestoot. Die Siriese Observatorium vir Menseregte het gesê opstandiges was aktief in drie […]
GRN se prioriteite is duidelik - December 7, 2024
Die Namibiese regering bestee 867 miljoen Namibiese dollar op die konstruksie van weermagbasisse, polisiestasies, gevangenisse en howe, amper twee keer die 471 miljoen dollar wat begroot is vir hospitale, klinieke en maatskaplike skuilings. Daar was in nege jaar ook nie ‘n nuwe skool gebou nie. In die vorige boekjaar het die onderwysministerie gesê hy kort […]
SAL-loodse terug op hul poste, staking afgelas - December 7, 2024
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het aangekondig dat die vlieënierstaking, wat Donderdag begin het, vandag opgeskort is. Die besluit volg op suksesvolle onderhandelings tussen SAL se uitvoerende bestuur en die Suid-Afrikaanse Vlieëniersvereniging. Die woordvoerder van die SAL, Vimla Maistry, sê die bestuur het ‘n bykomende 1 persent salarisverhoging aangebied, wat uitloop op ‘n totale salarisverhoging van 9,47 […]