Omgewingminister verduidelik wild-uitdun vir droogtehulp
Omgewingminister Pohamba Shifeta het tydens die regerings-inligtingsessie gepraat oor die ministerie se deurlopende projekte. Hy het meer inligting oor die mens-wild-konflikvergoeding aan geaffekteerde gemeenskapslede gegee. Hy het ook die uitdun van wild vir droogtehulp verduidelik.
Brandstoftekorte in Zim oor Mosambiek-onluste
Brandstoftekorte word in Zimbabwe en ander buurlande ervaar as gevolg van die politieke onrus in Mosambiek. Zimbabwe se brandstof- en baie ander invoere kom via Maputo se hawe, wat nou ook nie meer vrag inneem nie weens die onstabiliteit wat dikwels op geweld uitloop. Eddie Cross, ‘n ekonoom in Zimbabwe, praat eksklusief met Kosmos 94.1 […]
Dit het begin reën, meer op pad!
Verskeie gebiede in die Otjozondjupa-streek, insluitend Grootfontein, Otjiwarongo, Okakarara en Klein-Waterberg, het Woensdag aansienlike reënval geniet. Plase naby Otjiwarongo, soos Sukses en Doornkom, het tussen 20 en 40 mm aangeteken en ligte reën het ook in die noordelike gebiede geval, insluitend Rundu in Kavango-Oos en Tsumeb in Oshikoto. Namibië Meteorologiese Diens voorspel vandag of môre […]
TotalEnergies kry teenstand in SA hof
Omgewings- en gemeenskapsgroepe, insluitend die Green Connection, Aukotowa Fisheries en Natural Justice het die Hooggeregshof in die Wes-Kaap gevra om TotalEnergies se planne om langs die Suid-Afrikaanse weskus vir olie te boor, te keer. Hulle is van mening die regering het met die goedkeuring van die projekte nie ag geslaan op die risiko vir die […]
Maputo-hawe staak vrag-inname weens onrus
Die hawe van Maputo in Mosambiek het opgehou om vrag te aanvaar weens verkiesingsverwante onrus. Onluste op die land se hoofgrens met Suid-Afrika, Lebombo, het gelei tot die gedeeltelike sluiting en honderde vragmotors met goedere soos steenkool is nou gestrand. Spanning het die hoogte ingeskiet ná verlede maand se bestrede verkiesingsuitslag, wat versetoptrede veroorsaak het. […]
Ruan Nortje beseer, Rassie bring Kleyn in
Rugby: Die Wêreldbeker-wenner, die slot Jean Kleyn, sluit in Edinburgh by die Springbokke aan as plaasvervanger vir Ruan Nortjé, wat gister tydens oefening sy been beseer het. Die 31-jarge Kleyn, wat verlede jaar sy sewende toets vir die Springbokke in die Wêreldbeker-eindstryd teen Nieu-Seeland in Frankryk gespeel het, maak die eerste keer hierdie seisoen sy […]
PSG Bank-oorsigverslag op pad, ook PSG Bank van die Jaar
PSG Wealth sal hul jaarlikse PSG Bank-oorsigverslag vir die jaar op 14 November vrystel. Die maatskappy stel reeds 11 jaar lank die oorsigverslag bekend wat die banke in Namibië ontleed. Vanjaar se geleentheid sal gepaard gaan met ‘n prysuitdeling vir die PSG Bank van die Jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Anja Steyn, die […]
Dali Mpofu verlaat EFF, Malema min gepla
Die leier van die EFF, Julius Malema, is nie van stryk gebring deur die besluit van die nasionale voorsitter van die party, Dali Mpofu, om by oudpresident Jacob Zuma se MK-party aan te sluit nie. Mpofu glo in die potensiaal van die MK-party om totale bevryding te bring. Malema het reageer op Mpofu se aankondiging […]
Dit skarrel om van Trump se hofsake af te handel
Amptenare van die Amerikaanse justisie-departement het volgens berigte begin beoordeel hoe om twee federale sake teen verkose president Donald Trump af te handel voor hy in Januarie ingehuldig word. Die sake, wat aanhangig gemaak is deur die spesiale raadgewer Jack Smith, handel oor Trump se pogings om sy verkiesingsnederlaag teen Joe Biden in 2020 om […]
Bottas, Zhou verlaat Sauber
Motorsport: Die renjaers Valtteri Bottas van Finland en Zhou Guanyu van China verlaat die Formule Een-span Sauber die einde van die seisoen. Hulle was drie jaar saam. Die twee het dié seisoen gesukkel en geen punte aangeteken in 21 wedrenne nie. Sauber het bevestig dat die Formule Twee-kampioenskapsvoorloper, Gabriel Bortoleto, volgende seisoen by die span […]