Jong Namibiese entrepreneurs bemagtig

Die Namibiese handelsministerie sal deur sy EMPRETEC-kantoor opleiding in al 14 streke landwyd onderneem om werklose jeugdiges met basiese entrepreneurs-ontwikkelingsvaardighede toe te rus. Die RAISSO Boek-vereniging, ‘n vereniging van werklose jeugdiges, hoofsaaklik vrywilligers, het die ministerie versoek om opleiding te gee aan sy aktiewe lede. Opleiding sal spesifiek fokus op die ontwikkeling van ‘n sakeplan en ander nodige dokumentasie wat noodsaaklik is om die jeug in staat te stel om toegang tot befondsing van finansiële instellings te verkry. Elijah Mukobonda, woordvoerder van die ministerie gee meer besonderhede aan Kosmos 94.1 Nuus.