ANC-regering sê nee vir opveil van Madiba se selsleutel

Die Suid-Afrikaanse regering het geëis dat daar halt geroep word op ‘n beplande veiling van Nelson Mandela se selsleutel van Robbeneiland. Die veiling is vir 28 Januarie in New York by Guernsey’s beplan. Die verkoper, Christo Brand, was Mandela se wag by Robbeneiland. Die buurland se minister van kuns en kultuur Nathi Mthethwa sê daar was geen konsultasie met die regering nie en verder, die sleutel behoort in werklikheid aan die mense van Suid-Afrika. Guernsey’s sê die fondse sal gebruik word om ‘n gedenktuin en museum op te rig by Mandela se graf. Mandela se skildery, The Lighthouse, Robben Island, sy oefenfiets en tennisrakket wat hy daar gebruik het, sal ook onder die hamer kom.