IVP sê die ANC is aan die slaap oor die kragkrisis

Die IVP-leier, Velenkosini Hlabisa, sê opposisiepartye moet die toesighoudende rol speel indien ‘n nasionale ramptoestand oor die kragkrisis verklaar word. Dit volg op President Cyril Ramaphosa se aankondiging dat die ANC lekgotla so ‘n verklaring ondersteun. Hlabisa sê die kwessie rondom Eskom en die kragkrisis het inderdaad tot ‘n ramptoestand verval. Hy voeg by plundering en korrupsie moet ook uitgeroei word.