ANC-lekgotla pleit by Brics om hulp vir kragkrisis

Die ANC-lekgotla het by die Brics-lande gepleit om te help om die land se energiekrisis op te los. Dit kom terwyl Suid-Afrika spook om te verseker daar is bestendige kragvoorsiening. Volgens die party kan die land by die kundiges van sy Brics-vennote, soos Rusland en Indië, kers opsteek om te verseker die ligte bly aan. Die sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê Brics-lande moet saamwerk om hierdie uitdagings die hoof te bied.