Navo sê Rusland moet diplomatieke roete volg

Rusland se inval in die Oekraïne uit verskillende rigtings, word deur verskeie wêreldleiers veroordeel. Amerikaanse President Joe Biden het gesê hy sal vandag ‘n toespraak oor die krisis lewer. Oekraïne se militêre bevel beweer regeringsmagte het sowat 50 Russiese besetters doodgemaak, terwyl hulle ‘n aanval op ‘n dorp op die voorste linie afgeweer het. Navo het ‘n beroep op Rusland gedoen om vyandelikhede te staak en die diplomatieke roete te volg. Die organisasie gaan môre ‘n virtuele spitsberaad hou oor Rusland se inval in Oekraïne. Die sekretaris-generaal van Navo, veroordeel die aanval terwyl hy die media uit Brussel in België toespreek.