Onluste: verslag eers later bekend

President Cyril Ramaphosa sê die verslag van die paneel deskundiges wat aangestel is om die oorsaak van die onrus in Julie in KwaZulu-Natal en Gauteng ten volle te ondersoek, sal aan die einde van die jaar beskikbaar wees. Hy het gereageer op ‘n parlementêre vraag van die DA-leier, John Steenhuisen, of die volksopstand aangewakker is deur sekere persone of faksies binne die ANC. Ramaphosa het in ‘n geskrewe antwoord gesê ondersoeke deur wetstoepassingsagentskappe duur voort en dit sal nie gepas wees om die uitslag vooruit te loop nie.