Italië behaal sukses teen 500 jaar oue mafia-familie

Meer as 200 beskuldigdes in een van Italië se grootste mafia-verhore vir generasies is tot ‘n totaal van meer as 2 200 jaar tronkstraf gevonnis. Die drie jaar lange verhoor het individue wat na bewering met ‘Ndrangheta verbind word, gevonnis vir misdade wat wissel van afpersing tot dwelmhandel. ‘Ndrangheta is een van Europa se mees invloedryke kriminele organisasies en bestaan uit 150 Italiaanse families en hulle bondgenote. Die organisasie is in die 1700’s gestig. Kenners sê die skuldigbevindings van witboordjiewerkers, insluitend plaaslike amptenare, sakemanne en politici, toon die verreikende impak van georganiseerde misdaad op Italiaanse instellings. Die regters wat die saak aangehoor het, is onder polisiebeskerming geplaas weens vrese vir hul veiligheid.