Israel, Hamas ‘pleeg albei oorlogsmisdade’

Die Verenigde Nasies se Hoë Kommissaris vir Menseregte, Volker Türk, sê Israel en Hamas het albei oorlogsmisdade gepleeg sedert die aanval op 7 Oktober. Hy het gister die Rafah-kruising en El Arish-hospitaal in Egipte besoek. Türk vra voldoende hulpverlening aan Gaza, die vrylating van alle gyselaars, en die politieke ruimte om ‘n volhoubare einde aan die besetting te bring, gebaseer op beide Palestina en Israel se reg op selfbeskikking.