Iran-ooreenkoms: Biden paai terroriste sê Pence

Oudpresident Donald Trump van Amerika sê president Joe Biden se ooreenkoms met Iran om vyf Amerikaanse gevangenes uit te ruil, skep ‘n geweldige presedent. Die vyf word vrygelaat in ruil daarvoor dat vyf Irannese wat in Amerika teregstaan kwytgeskeld word en dat Iran toegang kry tot 6 miljard Amerikaanse dollar se inkomste uit olie wat tans gevries is. Die gewese visepresident Mike Pence het Biden ook veroordeel en sê dit sal terrorisme reg oor die Midde-Ooste bevorder en aan China wys dat hy kan baat as hy Amerika paai.