Inwoners verhoed leerders om spesiale skool by te woon

Gauteng se LUR vir Onderwys, Panayza Lesufi, is besorg oor gister se ontwrigting by die Duzenendlela-skool vir kinders met spesiale behoeftes in Orange Farm, Johannesburg, waar inwoners leerders en onderwysers daarvan weerhou het om die skool te betree. ‘n Woordvoerder van die departement, Steve Mabona, sê sommige inwoners het klaarblyklik daarop aangedring dat die skool in ‘n hoofstroomskool omskep word.