SA kan moontlik die IPL aanbied

Suid-Afrika kan in die ry wees om die Indiese Premierliga aan te bied, aangesien Indië pas sy derde golf van die Covid-19-pandemie betree het. Indiese media berig dat die Raad van Beheer vir Krieket in Indië alternatiewe plekke vir die massiewe krieket-byeenkoms oorweeg, aangesien Covid-getalle in die land weer begin styg. Die IPL is geskeduleer om van 2 April tot 3 Junie gehou te word. Indië se positiewe Covid-gevalle het nou die hoogte ingeskiet tot meer as 1,1 miljoen vanaf Woensdag. Johan Muller, uitvoerende hoof van Krieket Namibië sê aan Kosmos 94.1 Nuus die IPL is ‘n goeie platform vir krieketspelers.