Internasionale Kernenergie-agentskap doen veiligheidsinspeksie by Koeberg

Die Internasionale Kernenergie-agentskap het sy veiligheidsinspeksie van Eskom se Koeberg-kernkragsentrale in die Wes-Kaap voltooi. Die leier van die projek, Gabor Petofi, sê die span het gekyk na die verouderende bestuur van die meganiese, elektriese en siviele stelsels. Eskom se veiligheidsmaatreëls, strukture en onderafdelings, kennisbestuur en menslike hulpbronbestuur is ook ondersoek. Petofi sê ‘n finale verslag oor die inspeksie sal oor drie maande aan die Suid-Afrikaanse regering oorhandig word. Daar word beplan om die aanleg se lewensduur met nog 20 jaar te verleng.