Namibiese vervoerministerie sê taxi-vereniging veroorsaak verwarring

Die Namibiese vervoerministerie het gereageer op die Namibiese Vervoer en Taxi-vereniging wat ‘n verhoging van 40 persent vir taxi-tariewe eis, aangesien brandstofprysverhogings vanaf middernag vannag in werking tree. Dit sal daartoe lei dat taxi-tariewe tot sowat 19 Namibiese dollar vanaf die huidige 13 dollar kan styg. Werner Januarie, president van die vereniging, het in ‘n brief aan die minister van vervoer, John Mutorwa, gekla dat die huidige verhoging van brandstofpryse die prys van taxi-tariewe per insittende ver oorskry. Januarie het gedreig met openbare betogings as daar nie aan die bedryf se beroep gehoor gegee word nie. Julius Ngweda, hoofskakelbeampte van die vervoerministerie, het sy reaksie so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.