Internasionale dag vir die uitskakeling van die vergoedingsgaping tussen geslagte word vandag gevier

Vandag word die internasionale dag vir die uitskakeling van die vergoedingsgaping
tussen geslagte gevier. Equal Pay Gap Day is deur die Verenigde Nasies se Algemene
Vergadering ingestel. Die geslagsvergoedingsgaping is wêreldwyd 16-persent, wat
beteken vrouewerkers verdien gemiddeld 84-persent van wat mans verdien. Die
Wêreld-Ekonomiese Forum sê dit sal 257 jaar neem om die salarisgaping tussen mans
en vroue uit te wis. Die VN se sekretaris-generaal, António Guterres sê dis hulle
voorneme om met die viering van die dag die diskriminasie en geslag-stereotipes af te
breek wat tot die gaping in salarisse bydra.