Mauritius gaan nie meer buitelandse trusts van belasting vrystel nie

Berigte uit Mauritius lei dat die eilandstaat se inkomstegesag die MRA voortaan nie
meer buitelandse trusts van inkomste belasting gaan vrystel nie. Die MRA wil hiermee
glo moontlike geldwassery-skuiwergate aanspreek. Die besluit word deur kundiges as
slegte nuus bestempel vir Suid-Afrikaners en Namibiërs met trusts in die eilandstaat.