Instituut vir Rasseaangeleenthede hof toe oor verkiesings

Die Instituut vir Rasseaangeleenthede sê die Onafhanklike Verkiesingskommissie maak ‘n oordeelsfout as hy meen dit sal nie moontlik wees om vrye en regverdige verkiesings op 27 Oktober te hou nie. Die instituut stuur ook ‘n regspan na die Konstitusionele Hof om die OVK se aansoek om die verkiesing uit te stel, teen te staan. Hy sluit aan by die DA wat gekant is teen die uitstel van die stemdatum. Intussen sê die ANC die party ondersteun die OVK se hofaansoek.