Bangladesj: 17 mense deur weerlig doodgeslaan

‘n Troue op ‘n boot in die noordweste van Bangladesj het tragies geëindig toe weerlig 17 mense doodgeslaan en meer as tien beseer het. Die donderstorm oor die Palma-rivier het uitgesak net toe die boot in die dorp Shibganj aankom en gaste op pad was na die bruid se huis. Sewentien mense is op die toneel dood terwyl 14, insluitend die bruidegom, na ‘n hospitaal geneem is. Honderde mense sterf jaarliks in Bangladesj nadat weerlig hulle tref. Die meeste voorvalle vind tussen Maart en Julie plaas.