Die twee jong Namibiese mans dankbaar.

Die twee jong Namibiese mans, Kai Jacobie en Marco Zahradnicky, wat as vermis aangemeld is, is vroeër die week suksesvol deur Intelligence Support Against Poaching, oftewel ISAP, tydens ‘n lugsoektog in die Ugabrivier opgespoor. Hul bakkie se battery het pap geraak toe hulle in die rivier gekamp het. Hulle het besluit om kalm te bly totdat iemand hulle vind. Een van die mans, Marco Zahradnicky, vertel aan Kosmos 94.1 Nuus wat gebeur het.

Zahradnicky bedank ook almal wat tydens die reddingsoperasie gehelp het. Hy sê hulle is baie bly om veilig tuis te wees.