Inligting- en kommunikasieregte in Afrika onder die loep

Die Inligting- en Kommunikasieregte in Afrika-konferensie vind in die hoofstad plaas. Die drie daagse konferensie word deur meer as 40 deelnemers uit 16 lande bygewoon. Die streeks-konferensie poog om by te dra tot deurlopende pogings om die groot uitdagings wat digitale regte, toegang tot inligting, vryheid van spraak en media in Afrika raak, te bekamp. Dit sal ook menseregte en die digitale transformasie van media in Afrika aanspreek. Inligtingsminister Peya Mushelenga sê daar moet op die kommunikasie-regte van mense met gestremdhede gefokus word…