Moses Matyayi is Windhoek se nuwe uitvoerende hoof

Stad Windhoek se burgemeester Joseph Uapingene het die aanstelling van Moses Matyayi aangekondig as die nuwe hoof uitvoerende beampte vir die stad, effektief vanaf 1 Augustus 2023. Tans is Matyayi die uitvoerende hoof van die Otjiwarongo-munisipaliteit. Die munisipale raad van Stad Windhoek hou tans sy maandelikse gewone vergadering.