Inflasie is op, 6,8% vir Julie gemeet

Die inflasie-syfer vir Julie is bekend en is op 6,8 persent gemeet teenoor 6 persent in Junie, en 4 persent wat verlede jaar Julie aangeteken is. Die Namibiese Statistieke-agentskap sê vervoer en voedsel het die meeste bygedra met vervoer op 3 persentasie punte en voedsel op 1,5. Khomas het die hoogste inflasie op 7,7 persent aangeteken. Die res van die land is op 6,2 persent.