Proteas moet vandag hard werk om sake reg te stel

Die Proteas sal vandag probeer om beheer oor hulle vierdaagse wedstryd teen die Engelse Leeus te herwin. Dan Lawrence het 97 van net soveel balle aangeteken om die tuisspan in staat te stel om teen die einde van die tweede dag se spel op 279 vir drie te staan, ʼn agterstand van 154 lopies. Dit was ʼn moeilike dag in die veld vir Suid-Afrika, maar die snelbouler Marco Jansen glo dit sal vandag beter gaan: