Stembriefhouer was nie oop nie, LPM praat snert

Die Namibiese Verkiesingskommissie het skerp gereageer op aantygings deur die Landless People’s Movement dat hy ‘n oop stembrief-houer by die Mondesa-polisiestasie in Swakopmund gesien het. Die party sê verder die houer was vol stembriewe. Swakopmunders stem môre in ‘n tussenverkiesing. Lina Ndengu, woordvoerder van die kommissie, sê die houer was geseël. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.