Inflasie effe hoër in Januarie, verligting in Khomas

Inflasie vir Januarie vanjaar het op 7 persent ingekom teenoor 4,6 persent wat in Januarie 2022 aangeteken is, en 6,9 persent wat in Desember gemeet is. Voedsel en vervoer het die meeste bygedra tot die syfer op 2,6 persent en 1,6 persent. Inflasie was op sy hoogste in die sogenaamde sone 1, of die noordelike dele van die land en is op 7,4 persent gemeet terwyl die suidelike helfte van die land, sone 2, inflasie van 7,1 persent aangeteken het. Sone 3, Khomas het die laagste ingekom op 6,5 persent.