Efundja: Wat van gestremdes in die geteisterde gebiede?

Ná erge vloede in sommige dele in noordelike Namibië word inwoners in daardie gebiede gekonfronteer met verskillende uitdagings en het bystand nodig. ‘n Deel van die samelewing waaroor niemand in hierdie moeilike tye oor hul welstand praat nie, is mense met gestremdhede. Kosmos 94.1 Nuus het na die voorsitter van die Nasionale Gestremdheidsraad, Mathews Hashoono, uitgereik om uit te vind wat die situasie van hul lede in die vloedgeteisterde gebiede is.