Indië wen T20-reeks teen Australië

Rinku Singh se blitsige 46 en die draaibal-aanval gelei deur Axar Patel het Indië ‘n 20-lopie oorwinning oor Australië besorg in die vierde Twintig20-wedstryd in Raipur. Dit het hulle ook die reeks laat inpalm. Indië het 174 vir nege aangeteken nadat die besoekoers gekies het om eerste veldwerk te doen. Hulle het Australië toe beperk tot 154 vir sewe, wat hulle ‘n voorsprong van 3-1 in die reeks van vyf wedstryde gegee het. Die laaste wedstryd word môre in Bengaluru gespeel.