Impalila-ramp: Ondersoek vorder

Die direkteur van die direktoraat vliegtuigongeluk-ondersoeke, Magnus Abraham sê die enjin van die Cessna 210 wat op 30 Augustus op Impalila-eiland neergestort het, sal na verwagting volgende week by Wonderboom in Pretoria ontleed word. Plaaslike media berig dat die enjin Woensdag na Pretoria gestuur is sodat deskundiges dit kan deurgaan. Die voorlopige verslag oor die ongeluk moet ingevolge die wet binne 30 dae uitgereik word. Volgens kommissaris Nelius Becker van die polisie se forensiese instituut is die nadoodse ondersoeke van die vyf slagoffers voltooi maar, die oorskot van die vier lede van die Duitse Rings-familie kan eers gerepatrieer word as hulle uitgeken is. Die ongeluk het ook die lewe van die loods, die 21-jarige Nicole Mienie, geëis.