Ramaphosa is ook Maandag in Londen, na vergadering by Withuis met Biden

Nes President Hage Geingob sal Suid-Afrika se President Cyril Ramaphosa die begrafnis van koningin Elizabeth bywoon ná sy werksbesoek aan die Verenigde State. Ramaphosa het na Amerika vertrek waar hy President Joe Biden môre by die Withuis sal ontmoet, om bilaterale, streeks- en wêreldkwessies van gesamentlike belang te bespreek. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die president is geëerd om Maandag die koningin se staatsbegrafnis in Westminster Abdy by te woon: