Ierse polisie ondersoek motorongeluk en dood 12-jarige bestuurder

Die Ierse polisie is op soek na ooggetuies van ‘n botsing in die suidweste van die land waarin ‘n 12-jarige seun dood is. Dit blyk die kind het die motor bestuur aangesien hy alleen was toe hy in die middel van die nag teen ‘n vragmotor in County Limerick vasgery het. Die vragmotorbestuurder het ligte beserings opgedoen, maar was glo baie geskok. Die kind se ouers is in kennis gestel en het kort daarna op die toneel aangekom. Daar word berig die polisie hoop daar is beeldmateriaal van die voorval.