Groot kommer oor die stand van sake by die Landbank in SA

Die DA in Suid-Afrika is bekommerd oor kaderontplooiing wat hulle sê die Landbank in duie laat stort. Dit volg na die bedanking van die uitvoerende hoof, Ayanda Kanana. Noko Masipa van die DA sê die party het nog altyd volgehou finansiële reddingsboeie is nie die oplossing vir die swetterjoel probleme wat die instelling teister nie. Masipa voeg by die Landbank het onder die ANC-regering misluk in sy mandaat om die landbousektor te ondersteun: