Leeus en Stormers, Bulle en Haaie vanmiddag

Die plaaslike wedstryde in Verenigde Kampioenskap word vanmiddag in Gauteng voortgesit. Die vier Suid-Afrikaanse spanne neem aan die vierde agtereenvolgende rondes van derbies deel. Die Leeus pak die Stormers drie-uur in Johannesburg, terwyl die Bulle net na vyf teen die Haaie in Pretoria kragte meet. Die Suid-Afrikaanse spanne het die luukse dat hulle reeds ‘n wedstryd of twee voor die meeste van hulle teenstanders is en oorwinnings veral vir die Stormers, Haaie en Bulle beteken hulle kan moontlik na die boonste helfte van die punteleer opskuif.