Idee dat ek ‘n ander land sal aanval is snert – Putin

Rusland se president Vladimir Putin sê hy het geen planne om enige Navo-lidland aan te val nie maar, as die Weste F-16-vegvliegtuie aan Oekraïne verskaf, sal hulle deur Russiese magte afgeskiet word. Rusland se inval in die Oekraïne in Februarie 2022 het die diepste krisis in die land se betrekkinge met die Weste veroorsaak sedert die Kubaanse missielkrisis van 1962. Putin sê die idee dat hy ‘n ander land sal aanval is snert.