Houtskool: VSA moet eers 4 Julie herdenk

Ná ses jaar se oponthoud, het Amerika uiteindelik hul eerste vragte Namibiese houtskool ontvang. Dit is deel van ’n veldtog om houtskool permanent uit te voer na die buiteland. Hulle gaan die houtskool net op spesifieke tye gebruik, soos vir onafhanklikheidsvieringe en Michael Degé, voorsitter van die Namibiese Houtskoolvereniging, sê hulle behoort te weet of nog bestellings sal kom na die vieringe op 4 Julie. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.