Bank Windhoek behaal oorwinning teen Calle

Bank Windhoek, saam met sy regsfirma Weder, Kauta en Hoveka, het onlangs ‘n groot oorwinning in die land se hoërhof behaal teen die minister van landbou, die akte-registrateur en die prokureur-generaal. Die saak het daaroor gehandel dat die landbouminister, Calle Schlettwein nuwe wetgewing in verband met die registrasie en aanpassing van aktes. Dit was, volgens berigte, ‘n poging om die oordrag van eiendom goedkoper en makliker te maak, maar hou ‘n daadwerklike risiko vir die finansiële instansies wat die geld voorskiet, in. Abe Malherbe van die regsfirma het die risiko wat daaraan verbonde is, so aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.

Malherbe verduidelik wat hulle, en Bank Windhoek se oorwinning vir Jan Alleman beteken…