Minimumloon-kommissie stel twee vergaderings uit

Die minimumloon-kommissie het sy openbare verhore wat op 8 Junie in Otjiwarongo en 5 Julie in Swakopmund gehou sou word, uitgestel. Volgens die kommissie is die stap genoodsaak as gevolg van die heersende Covid-infeksies en die huidige maatreëls. Tot dusver is Omaheke, Karas, Zambezi, Kavango Oos, Ohangwena, Oshana en Kunene bedien. Dr. Marius Kudumo, die voorsitter van die kommissie sê in ‘n verklaring dat daar tweede sessies in van die streke gehousal word en dat skriftelike insette teen môre die kommissie moet bereik.