Hoogtyd dat ramptoestand eindig

Die DA verwelkom die regering se besluit om binnekort die nasionale ramptoestand te beëindig, maar sê dit moes maande gelede al gebeur het. Die party hou vol die aankondiging kom heeltemal te laat en teen ‘n enorme koste vir miljoene Suid-Afrikaners. Die party se woordvoerder, Cilliers Brink, sê die regering het uiteindelik toegee aan maande lange openbare en politieke druk: