Data ondersteun Covid-verslappings

Zambië is een van die Suider-Afrikaanse lande soos Namibië wat ook nou Covid-PCR-toetse vir buitelandse besoekers wat ten volle ingeënt is, geskrap het. ‘n Versterkdosis van ‘n Covid-entstof is ook nie nodig om na Zambië te reis nie. Oningeënte besoekers aan Zambië moet nog steeds ‘n negatiewe Covid-toets, nie ouer as 72 uur, by ‘n grenspos toon. Namibiese pulmonoloog dr. Willie Bruwer sê aan Kosmos 94.1 Nuus sê daar is ‘n goeie wetenskaplike rede vir die verslapte Covid-regulasies.