Hooggeregshof lewer môre uitspraak in Lühl-Delgado-saak

Na ‘n stryd van vier jaar teen die Namibiese ministerie van binnelandse sake, omdat hulle arbitrêr geëis het dat gay ouers DNS-toetse verskaf vir hul kinders om burgerskap te kry, sal die hooggeregshof môre sy uitspraak lewer. Die Namibiese pa Phillip Lühl en sy man Guillermo Delgado sal môre weet wat die lot van hul seun en tweeling-dogters se nasionaliteit is. Hul kinders wat deur surrogaatskap in Suid-Afrika gebore is, se Namibiese burgerskap hang in die weegskaal, asook Delgado se aansoek om domisilie. Die Namibia Equal Rights-beweging en ander menseregte-organisasies staan bankvas agter die egpaar en sal hulle môre by die hof bystaan.