SAOG moet konflik in die ooste van DRK help beëindig

Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, sê dit is belangrik dat die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap pogings ondersteun om die konflik in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo tot ‘n einde te bring. Pandor het deelgeneem aan ‘n vergadering van die SAOG-raad van ministers in Kinshasa, in die DRK. Sy sê onbestendigheid in die streek is ‘n groot bron van kommer. Die afgelope jaar het geweld in die ooste van die DRK skerp toegeneem, ná die M23-rebellegroep sy bedrywighede verskerp het. Angola het aangekondig dat hy 500 soldate na die DRK stuur om dié land se regering by te staan in pogings om geweld te bekamp.