Hooggeregshof beslis Trump moet sy belastingrekords indien

Die Hooggeregshof in die VSA het beslis dat oudpresident Donald Trump sy belastingopgawes aan die komitee van die Huis van Verteenwoordigers wat dit opgeëis het, oorhandig. Hy is die eerste president wat nie sy belastingopgawes bekend gemaak het nie. Sedert 2016 het hy verskeie verskonings gehad om dit nie te doen nie en het talle hofaansoeke gebring.