Hoof van die Windhoekse Stadspolisie se pos ge-adverteer sonder dat hy weet

Die hoof van die Windhoekse Stadspolisie Abraham Kanime het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hy sy regsmense opdrag gegee het om vas te stel waarom sy pos deur Stad Windhoek ge-adverteer word. Sy prokureur Sisa Namandje sal die kwessie Maandag met Stad Windhoek opneem en indien nodig sal verdere regsoptrede volg.