784 Nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig

Die Namibiese gesondheidsministerie het 784 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig.Oshakati 123,Windhoek 76, Walvisbaai 64, Katima Mulilo 45, Tsumeb 42 en Eenhana 40. Die res kom landwyd voor.Daar is 115 795 kumulatiewe gevalle met 92 030 wat reeds herstel het en 20 992 wat steeds aktief is.Die herstelkoers is 79% .Die totale sterftesyfer staan tans op 2 760.