Hof wys ATM se aansoek om geheime stemming teen Ramaphosa van die hand

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het die African Transformation Movement se aansoek om ‘n geheime stemming oor die mosie van wantroue teen President Cyril Ramaphosa te hou van die hand gewys. Dit beteken Woensdag se mosie van wantroue kan met ‘n oop stemming voortgaan. Regter Rosheni Allie het bevind die African Transformation Movement het die aansoek gebring met ‘n dringendheid wat hyself geskep het.